Info

 

BMNetwerk_EPubDBMNetwerk_EPubD4BMNetwerk_EPubD15BMNetwerk_EPubD14

In 1947 stig Rudolf Raath Carfo om rolprente te gebruik om die evangelie uit te dra. Hieruit ontwikkel Mema in 1959 in Malawi met die doel om die radio vir evangelisasie-doeleindes te gebruik. Die naam Mema kom van ’n Chewa-woord wat “uitnooi” beteken. Verskillende elektroniese hulpmiddels is deur die jare gebruik, soos ’n meganiese vinger-grammofoon, skyfieprogramme, klankkassette, CD’s, DVD’s en videosnitte.

Mema-Media het sedert sy ontstaan ’n wye verskeidenheid radio- en TV- programme vir kerke en diensgroepe vervaardig, onder meer dramas, musiekprogramme, joernaalprogramme, musieksnitte, opleidings- en toerustingsprogramme.

In 1992 het Mema ’n onderafdeling van Bybel-Media geword. Mema fokus nou op die ontwikkeling van elektroniese produkte vir die opbou van geloof en die uitbou van die bediening.