Hulpmiddels

Ons ontwikkel deurlopend verskillende soorte elektroniese hulpmiddels vir gemeentes en gelowiges:

1. “Idees oor …”-videogrepe (4-6 minute). Ons vra kerkleiers en meningvormers om hier ʼn tema of idee kortliks bekend te stel. Dit word dan saam met ʼn gepreksblad op ons webtuiste gelaai.

2. MEMA-momente (6-12 minute). Ons skrywers en medewerkers bied kernidees aan wat gelowiges in hulle geloofslewe kan help. Dit word dikwels aan ʼn produk of projek van BM gekoppel.

3. Kortfilms met ʼn beeld (metafoor).In vennootskap met ander groepe in die kerk, ontwikkel ons kortfilms wat aspekte van temas of kwessies deur metafore verduidelik of belig. Sommige van hierdie produkte is te koop om die volhoubare ontwikkeling van hierdie soort projekte te finansier.

Gemeenteleiers en groepleiers kan al hierdie produkte as illustrasies of gesprekafskoppers gebruik in gespreksdienste, kleingroepe, selgroepe en Bybelskole. Dit kan ook vir persoonlike verryking gebruik word.

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *